Kosmos Hiking Club

Kontrole Lys

'n Gemaklike en gerieflike rugsak en goeie waterbottel is onontbeerlik. Die gewig van die rugsak (gepak) mag nie een-derde van die draer se liggaamsgewig oorskry nie. (Skouersponse kom soms handig te pas!) Gemaklike en sterk skoene (reeds uitgetrap) is baie belangrik.

Stappers moet oor 'n redelike mate van fiksheid beskik en beslis voor elke staptog oefen. Dit is nie voldoende om slegs op 'n gelyk terrein te oefen nie. Moenie te veel items saamneem nie. Alles, selfs die kleinste item, moet so lig as moontlik wees.

Jou rugsak behoort altyd gepak wees sodat die vrag so naby aan jou is as moontlik. Dit verminder die "agteroor trek" wat jy voel as jou sak verkeerd gepak is. Pak soos geillustreer in die diagram hieronder.

Algemeen

Bybel ('n groep lid kan 'n klein Bybeltjie inpak)
Permit en roete kaart
Potlood en papier
Fluitjie
Plastiek sakke vir gebruik as die reën
Son bril (Opsioneel)
Kamera, Verkyker en Selfoon (Opsioneel)
Nasionale boom of voël lyst (Opsioneel)

Ander Belangrike Benodighede

Eetgerei, skerp messie en bliksnyer
Gasstofie en gaslampie (sorg vir genoeg ekstra gas) of kerse 
Een stofie vir elke vier stappers is genoeg
Kastrol, pan en spaan
Vleistangetjie vir braai
Houer om poeiermelk mee te skud
Jammerlappie, skottelgoedwasmiddel en skuurdertjie
Plastiese sakkies
Vuurhoutjies, "blitz", KERS en FLITS met nuwe batterye (ekstra batterye)
Papier, pen en Sakbybel
Permit en roetekaart

Kos (maak jou eie seleksie)

'n Staptoer spyskaart moet klop met persoonlike smaak en voorkeure. Streef egter altyd na die volgende ses faktore: aangename smaak, hoë voedingswaarde, vullend, liggewig, billike koste, maklike en ekonomiese voor-bereiding. Een manier on jou etes te beplan is om dit te deel met twee of meer mense om a gesamentlike menu te hê. As elkeen sy eie ding doen kan dit nogal chaos wees.

Poeier koeldrank bv. Game, Clifton en Vitamin Cocktail
Sjokolade, suiglekkers soos Super C's en Vita C's vir energie
Neute soos grondboontjies en rosyne
Droë vrugte (bv.snippers), biltong en droë wors
Kaaswiggies en Joghurt
Kitssop en kitssous
Provitas en beskuit
Enige ontbyt pap of korrels (kan vooraf gemeng word met melkpoeier en suiker)
Blikkies tuna, sardiens, viennas en vleis
Gedroogte maalvleis
Gerookte en vakuum verpakte worsies en braaivleis
Eiers of poeiereier
Sout en ander speserye
Koffie, tee, suiker, melkpoeier en "Hot Choclate"
Konfyt, stroop en botter (hiervoor is 'n handige buis verkrygbaar, Cape Union Mart)
Vars vrugte en groente soos appels, wortels en lemoene
Kits-aartappel ("Smash")
Groente soos uie en aartappels
Mengsel van bestanddele om brood mee te bak
Ontwaterde groentes (Beskikbaar by enige groot Supermark bv. Pick 'n Pay)
Vars broodrolletjies
"Meal in One" en soortgelyke etes wat gekoop kan word
Kits melkpoeding gemeng met poeier melk en water. Plaas in koue stroompie om te stol
Woolworths gemmer koek mengsel en kits vla gemeng met warm of koue water.

Klere en ander benodighede

Hoed of sonskerm
Twee stelle ligte klere
Een sweetpak en/of warm baadjie
Stapskoene en dik wolkouse (kort sykouse is ook handig - dit voorkom blase)
Plakkies of ligte skoene vir gebruik na die dag se stap
Swemklere en handdoek
Reënjas (Groot plastiese vullissak kan gebruik word)
Slaapsak en kussinkie
Wasgoedlyn en pennetjies
Naald, gare, skêrtjie, haakspelde en ekstra veters.

Toiletware

Seep, waslap, tandeborsel en -pasta en sjampoo
Toiletpapier
Sonbrandmiddel
Pleister, verbande en enkel- en ander stutte/verbande.
Lipsalf en oogdruppels
Spiersalf ("Voltaren" of "Deep heat"), asook tablette
Muskietweermiddel ("Tabard")
Hoofpynpille en eie spesifieke medisyne
Kam of borsel
Ontsmettingsmiddel, brandspiritus, salf en watte.

Onthou: Almal hoef nie alles te dra nie, groepe kan items onder mekaar verdeel.

Make a Free Website with Yola.